Kerskind Aktiwiteitsboks (voorafbestelling)
Voorbestel nou · beperkte voorraad, voorbestellings is oop.
Twaalf dae. Twaalf opdragte. Twaalf goeie dade.
Kerskind is 'n Suid-Afrikaanse aktiwiteitsboks, gemaak in Stellenbosch vir kinders wat Kersfees in die somer vier. Geen sneeu nie. Sonbesies, naartjies op die stoep, die Suiderkruis, en stokbrood op die kole.
Elke dag in Desember kry jou kind een kaartjie. Die een kant is 'n opdrag van die elwe. Die ander kant is 'n goeie daad, en elkeen wys buitentoe, na iemand anders toe.
Wat in die boks is
- 12 dubbelkantige dagkaartjies: 'n opdrag en 'n goeie daad vir elke dag
- 'n Brief aan Kersvader (A4)
- 'n Brief van Kersvader (A4)
- Die storie van die elwe
- 'n Dankbaarheidsblad
- Twee resepte van die elwe
- Kersvader se sleutel, want ons huise het nie skoorstene nie
- 'n Koekiedrukker
- 'n Pak-die-boks kaart, om die boks vol goedheid weer weg te gee
- Elke boks is handgenommer
Twee of drie kinders? Elke kind kry sy eie briewe en blaaie.
Beste vir 4 tot 12 jaar.
Ons stuur so gou moontlik en jy kry 'n e-pos sodra jou boks gestuur is. Alle bokse word voor einde November gestuur.
Goedheid tel.
Pre-order now · limited stock, pre-orders are open.
Twelve days. Twelve tasks. Twelve acts of kindness.
Kerskind is a South African activity box, made in Stellenbosch for children who celebrate Christmas in summer. No snow: cicadas, naartjies on the stoep, the Southern Cross, and stokbrood on the coals. Each day one card: a task from the elves on one side, an act of kindness on the other, every one of them pointing outward at someone else.
What's in the box
- 12 double-sided day cards: a task and a kindness for every day
- A letter to Father Christmas (A4)
- A letter from Father Christmas (A4)
- The story of the elves
- A thankfulness page
- Two recipes from the elves
- Father Christmas's key, because our houses have no chimneys
- A cookie cutter
- A pack-the-box card, so the box goes out again full of kindness
- Every box is hand-numbered
Two or three children? Each child gets their own letters and pages.
Best for ages 4 to 12.
We ship as soon as possible and you'll receive an email when your box has shipped. All boxes are shipped before the end of November.
Available in Afrikaans or English. Choose below.